parallax background

Bextrans


Bextrans is 'n padvervoermaatskappy wat spesialiseer in die verskuiwing van grootmaat-, pallet en houergoedere in Suider-Afrika. Bexfleet poog om entrepreneurskap te bevorder en voertuigeienaars toegang te gee tot skaalvoordele deur die Bextrans-handelsmerk te dra.

Bextrans verskaf markleidende logistieke oplossings deur middel van die volgende gespesialiseerde besigheidseenhede:

  • Losmaat Tipper-afdeling
  • Platbak & Abnormale-vrag afdeling
  • Tautliner & FMCG-afdeling
  • Oorgrensafdeling
  • Houerafdeling

BCF International

BCF International het as 'n interne versending-afdeling in Zambië begin om dienslewering aan die handelsafdelings te verbeter, en het gegroei tot 'n alleenstaande streekspeler met kantore in beide Zambië en Suid-Afrika. Die groep bied met trots lugvrag-, seevrag- en padvragprodukte, aangevul met doeane-klaring, bestellingsbestuur en pakhuisoplossings aan kliënte. BCF International bied kliënt-gefokusde oplossings deur middel van innoverende tegnologie, spesialis kennis en uitnemende diens.

parallax background


BDT Africa


BDT Africa bied kliënte 'n afgeleide verhandelingsdiens bykomend tot sy bestaande reeks handelsdienste. BDT Africa poog om aan deelnemers prysverskansingsoplossings te bied wat by elke kliënt se unieke situasie pas. Kliënte sal nou 'n afgeleide handelsrekening deur BDT Africa kan registreer en 'n beroep doen op ervare afgeleide makelaars vir hulp met die opstel van sinvolle en doeltreffende verskansingstrategieë.

BDT Africa fokus op kommoditeite wat deur SAFEX Landboukommoditeite-afdeling en SAFEX Globale Kommoditeitsafdeling verhandel word.


Dit sluit in:

PLAASLIKE LANDBOUKOMMODITEITSMARKTE BUITELANDSE VERWYSENDE LANDBOUKOMMODITEITE ANDER BUITELANDSE VERWYSINGSKOMMODITEITE
Witmielies CBOT Mielies Brent Olie
Geelmielies KBOT Hard Red Winterkoring Koper
Koring CBOT Sagte Rooi Koring Goud
Sonneblomsaad CBOT Sojabone Diesel
Sojabone Koffie Palladium
Sojaboon-oliekoek Katoen Platinum
Sojaboon-olie Kakao Silwer
Bees Suiker WTI
    Natuurlike Gas
    Petrol
    Verhittingsolie
    Quanto
    Quanto Maxi


BDT Africa streef daarna om voort te bou op die sterk verhoudinge wat met sy kliënte in die landboumark gekweek word, maar ook om nuwe verhoudinge te bou met deelnemers in ander bedrywe wat aan kommoditeitsmarkte blootgestel is.

Teraka

Teraka (Edms) Bpk., 'n BexGroup-maatskappy, is 'n Vlak 1 B-BSEB vervoer- en logistieke maatskappy wat spesialiseer in die beweging van grootmaat, vinnig bewegende verbruikersgoedere (FMCG), houergoedere en gepalletiseerde goedere. Teraka, geleë in Stellenbosch, is in 2017 gestig as gevolg van groei- en vraagaanwysers in die vervoersektor.

Teraka bied aan kliënte vinnige en betroubare dienste wat gefokus is op, maar nie beperk is tot die volgende sektore:

Grootmaat vervoer

Die vervoer van los grootmaat kommoditeite vorm 'n groot deel van ons besigheidskundigheid en -bedrywighede. Vragte word met tipwa-vragmotors vervoer (valkant, bottom dumper, kant-tip en loopvloer vragmotors). Ons bedien kliënte in die landbou- minerale- en mynboumarkte regoor Suid-Afrika.

FMCG & Gepalletiseerde Goedere

Die snelbewegende verbruikersgoedere-sektor (FMCG) is een van die grootstes ter wêreld en dra aansienlik by tot die Suid-Afrikaanse bruto binnelandse produk (BBP). Snelbewegende en gepalletiseerde goedere word met Tautliner-, Platbak- of Drie-as vragmotors vervoer.

Houervervoer

Die vervoer van houers na en van alle Suid-Afrikaanse hawens is nog 'n sleutelarea van die besigheid. Hierdie sektor se groeipotensiaal is een wat Teraka voortdurend monitor om 'n groter markaandeel te verkry.