Die Bester Toep
Die Bester-toepassing is 'n opwindende toevoeging tot ons verbintenis om voortreflike kliëntediens te lewer. Hierdie eenstop-toepassing is ontwerp om al jou handels- en kontrakinligting gerieflik te sentraliseer.
Deur van hierdie toepassing gebruik te maak kry jy toegang tot:
- Daaglikse markverslae geskryf deur ons spesialis bemarkers.
- Geldeenhede, wisselkoerse, regstreekse SAFEX-pryse en historiese prysings van verskeie landbou kommoditeite.
- Weervoorspellings met die opsie om 'n spesifieke ligging te kies.
- Kontrakinligting soos lewerings, state en fakture wat gemonitor kan word met die gerieflike funksie om fakture en state op jou selfoon af te laai.
- Kontak ook jou veldagent vinnig en maklik met toegang tot WhatsApp, direk vanaf die toepassing.
Om te registreer, skep jou profiel en volg die maklike stappe via e-pos om geverifieer te word. Sodra jy deur Bester geverifieer is, sal jy volledige toegang tot die toepassing hê.
Teken vandag aan!
Markverslae
Bester Voer & Graan bekom elke dag die mees onlangse plaaslike en internasionale markinligting om die regte besluite te neem en ons kliënte goeie advies te gee.
Die beste bemarkingsgeleenthede word vir kliënte identifiseer deur gereelde en direkte kontak met al die mees invloedryke kopers en verkopers van landbouprodukte en deur prysneigings daagliks te monitor. Prysrisikobestuur kry voortdurend aandag.
Bester Voer & Graan het spesialis bemarkers in geselekteerde areas wat verseker dat kliënte net die beste diens ontvang.