Vaalharts Pecan Plant


Die Vaalharts Pecan Plant is 'n pekanneut verwerkingsaanleg wat in Hartswater geleë is, waar meer as die helfte van Suid-Afrika se pekanneute verbou word. Die hooffunksies van die Vaalharts Pecan Plant is die sif van groottes, gradering en kraak van pekanneute. Neute wat geskik is vir in-dop uitvoere word dienooreenkomstig skoongemaak en sorteer, terwyl pekanneut helftes en stukkies deur 'n strenger proses van kraak en gradering gaan. Nadat neutmonsters getrek is, word dit volgens fisiese, mikrobiologiese en chemiese spesifikasies ontleed. Elke besending ontvang 'n gedetailleerde ontledings dokument met pekanneutspesifikasies om ooreenstemming te verseker.

Die Vaalharts Pecan Plant ondergaan jaarliks 'n ouditproses om te verseker dat verwerkingsprosedures aan die British Retail Consortium (BRC) se standaarde voldoen.

Treonne


Treonne, 'n BexGroup maatskappy, is 'n intellektuele kapitaal-gedrewe maatskappy wat tegnologies gevorderde produkte in die veevoersektor vervaardig.

Produkte

Een van die voorste produkte is TreoSOY, 'n hoë rumen-omleidingsproteïen wat die groei van jong diere, wolproduksie van skape, sowel as melkproduksie in hoogproduserende melkkoeie bevorder. Ander produkte, soos TreoSun (sonneblom gebaseer), Treoblend (soja en sonneblom) sowel as Enhance (volvet soja en sojameel) verskaf 'n spektrum van verbyvloei aminosure, sowel as verhoogte energie opbrengste. Dit verbeter die ekonomiese resultate van melk- en melkvastestowweproduksie, sowel as die groei- en voeromsettingsverhouding van bees- of skaapvleisproduksie. Selfs weidende diere vind baat by die toediening van verbyvloeiproteïen in lekke of ander aanvullende voedingstelsels. Die gebruik van hierdie produkte in intensiewe boerderye van weidende wildspesies word ook aanbeveel.

Treonne is 'n voorbeeld van innovasie en word gedryf deur die behoefte aan spesialisprodukte vir die groeiende veevoermark.

Moorreesburg Silobag Depot


MSD is in Moorreesburg geleë in die Swartland-streek van die Wes-Kaap. MSD het in 2010 aan al die vereistes vir berging as 'n JSE Commodity Derivative Market (SAFEX) leweringspunt voldoen en is daarna vir graan geregistreer, en is sodoende die eerste silosakdepot in Suid-Afrika wat op die JSE genoteer is. Die fasiliteit het 'n kapasiteit van 40 000 ton en is toegerus met die nuutste graderingstoerusting, 'n weegbrug en elektroniese voorraadbestuurstelsel. MSD se hoogs opgeleide personeel verseker die korrekte gradering en bestuursprosedures. Soos die naam van die depot aandui, word graan in silosakke gestoor. Die silosakke is 60 tot 120 meter lange poliëtileensakke wat elk 180-400 ton graan kan vat.

MSD het 'n gesonde element van mededinging in die graanbergingsbedryf gevestig. Dit moedig 'n voortdurende strewe na groter doeltreffendheid aan, wat laer bergingskoste tot gevolg het.

National Pride Lucerne


National Pride Lucerne is 'n lusern (Alfalfa) verwerkingsaanleg in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap. Die pakhuise kan ongeveer 12 000 ton Big Pack-bale stoor wat tussen 500 en 800 kilogram weeg, afhangend van die baal-grootte. Dit stel Bester in staat om produsente se lusern so effektief moontlik te berg en te vervoer. Die pakhuis poog om waarde toe te voeg deur lusern te gradeer en te maal deur gebruik te maak van die beste toerusting in Suider-Afrika.

National Pride Lucerne voeg waarde toe deur lusern op te gradeer, te maal en te kompakteer.