Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid (KSV)
By BexGroup glo ons dat waarde nie net gemeet word in wins of besigheid-groei nie, maar aan die nalatenskap wat ons bou. Ons verbintenis strek regdeur ons hele groep – van ons toewyding aan ons personeel, tot ons betrokkenheid by gemeenskappe waar ons belang het, en die manier waarop ons die omgewing bewaar. Vir ons is korporatiewe sosiale verantwoordelikheid nie bloot ’n verpligting nie, maar ‘n integrale deel van wie ons is en waarvoor ons staan. Ons KSV-inisiatiewe is doelgerig met één fokus: om ’n betekenisvolle verskil te maak, waar ons ook al beweeg.
KSV Strategiese Pilare
Ons KSV inisiatiewe rus op 4 strategiese pilare wat dien as die fondament van ons benadering tot volhoubare en betekenisvolle impak.
Intern
Hoe ons ‘n betekenisvolle verskil maak in die lewens van ons mense en ons mense se mense.
Ekstern
Verbind ons tot ons higher purpose: Ons skep werksgeleenthede, ons sit kos op die tafel en ons stel mense instaat om hul volle potensiaal te bereik.
Groen
Gekonsentreerde pogings om die omgewing te bewaar en ons koolstofvoetspoor te verklein.
Passie
Diep gewortel in ons DNS en vorm deel van ons erfenis.

Breë-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BSEB)
Bester Voer & Graan (Edms) Bpk is toegewy tot die beginsels van die wetgewing rakende Breë-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BSEB). Die opheffing van voorheen benadeelde individue en gemeenskappe is 'n noodsaaklike deel van ons langtermyn strategie en sakemodel.
Kontak asseblief ons hoofkantoor vir ons B-BBEEE-verifikasie.
Volhoubaarheid
In 2023 is ons teikens vir kweekhuis-gasvrystellings amptelik deur die Science Based Targets-inisiatief (SBTi) goedgekeur. Deur aan SBTi se kriteria te voldoen, het ons ons fokus en verantwoordelikheid versterk, met die doel om ons koolstofvoetspoor in ons maatskappy te verminder. Hierdie goedkeuring versterk nie net ons toewyding aan volhoubare praktyke nie, maar dien ook as 'n waardevolle padkaart na 'n meer volhoubare toekoms.












