Bester Pekans
Bester Pekans is in 2015 aangekoop en geleรซ in die Vaalharts distrik naby Jan Kempdorp. Die plaas bestaan uit 100 hektaar pekanneut bome, waarvan 35 ha gevestigde bome is en 65 ha gedurende 2018 nuut gevestig is. Die pekanneute word aan Vaalharts Pecan Plant in Hartswater gelewer vir voorbereiding vir die uitvoermark. Uitvoere word deur Bester Fruit & Nuts hoofsaaklik na China gedoen.
Mount Pierre
Mount Pierre is geleรซ in die Ubunto distrik van Victoria-Wes in die Groot Karoo. Jagpoort Boerdery is die bedryf liggaam wat die boerdery bestuur en fokus op merino skape, Tuli beeste en wild. Die merino boerdery het 'n RWS sertifisering vir die uitvoermark en lewer topgehalte wol vir die mark, terwyl die vleis komponent geakkrediteer is om aan die Karoo handelsmerk te lewer. Die wildboerdery behels 12 Karoo aangepaste spesies en fokus op die plaaslike jag industrie vir biltong, horings en velle.
BBB Blueberries
BBB Bloubessies is 'n 35 ha, onder net, bloubessie boerdery in die Porterville distrik. Daar word met vier verskillende kultivars op die plaas geboer wat hoofsaaklik uitgevoer word na Europa. Die boerdery is 'n groot werk verskaffer en neem ongeveer 600 werkers in diens tydens die pluk seisoen wat strek van Julie tot November.
BCB Sitrus
BCB Sitrus is die nuutste toevoeging tot die groep se primรชre landbou beleggings. Die plaas is geleรซ teen die Bergrivier tussen Piketberg en Porterville en beslaan 70 hektaar. Daar word tans suurlemoene gevestig wat vir die uitvoermark bestem is.